Taylor Swift ontvang ere-doktorsgraad

Die New York Universiteit het aan die sanger en liedjieskrywer, Taylor Swift, ‘n ere-doktorsgraad in kunste toegeken. Sy het die eretoekenning by die voorsitter van die Clive Davis Institute of Recorded Music, Jason King, ontvang. Swift se musiekloopbaan het op 15 begin en sy het al meer as 100 miljoen albums verkoop. Die elfmalige Grammy-wenner het ‘n openingstoespraak by die universiteit se 2022-gradeplegtigheid in die Yankee Stadion gelewer. Swift het gegradueerdes aangemoedig om hulleself te wees: