Russiese soldaat pleit skuldig in oorlogmisdaad-verhoor

‘n Een-en-twintig-jarige Russiese soldaat het skuld beken op die moord van ‘n ongewapende burger, in die eerste oorlogsmisdaadverhoor in Oekraïne sedert die oorlog begin het. Vadim Shishimarin het erken hy het enkele dae nadat die inval begin het ‘n 62-jarige man geskiet. Hy staar lewenslange tronkstraf in die gesig. Hy het geboei in die piepklein Kiëf-hofsaal verskyn, omring deur swaar gewapende wagte. Volgens berigtehet die slagoffer se weduwee slegs enkele treë van Shishimarin af sit en huil.