Betogers oorhandig petisie aan NamRA

Kommissaris Sam Shivute van NamRA het betogers van die NEFF en AR ontmoet om hul petisie te ontvang. As deel van hul eise, soos voorgelees deur NEFF se vise-president Kalimbo Iipumbu, wil hulle hê dat NamRa ontbind word en as ‘n departement in die ministerie van finansies herintegreer word. Die groep wil verder hê dat die salarisse van NamRa-bestuurders met 40 persent gesny word en beweer dat Shivute meer as 2 miljoen Namibiese dollar per jaar verdien.