Rassie mag nie meer water dra nie
Rassie Erasmus se dae as waterdraer is verby. Rugbybase het ‘n proefneming goedgekeur om toegang vir nie-spelende personeel tot die veld te beperk. Erasmus het deurgeloop oor sy rol in die uitdeel van opdragte terwyl hy water na die spelers op die veld gevat het tydens Suid-Afrika se toetsreeks verlede jaar teen die Britse en Ierse Leeus. Van 1 Julie af sal spanne twee aangewese waterdraers mag hê, maar hulle kan nie die direkteur van rugby of die hoofafrigter wees nie. Waterdraers sal net twee keer in elke helfte van die wedstryd op die speelveld toegelaat word op tye waarop met die wedstrydbeamptes ooreengekom is.