Unicef sê honger kinders styg met 16%

Die Verenigde Nasies se Kinderfonds waarsku die koste van behandeling om die lewens van die erg wangevoede kinders te red, het met tot soveel as 16 persent gestyg. Dit kan beteken 600 000 bykomende kinders sal moet klaarkom sonder die broodnodige behandeling wat hul lewens kan red. Unicef se bestuurshoof., Catherine Russell, sê selfs voor die oorlog in Oekraïne druk geplaas het op voedselveiligheid wêreldwyd, het konflik, klimaatskokke en Covid-19 reeds ‘n verwoestende uitwerking gehad op gesinne se vermoë om hul kinders te voed.