Landbouministerie bied Simmentalers, bokke aan op veiling

Die landbouministerie se John Pandeni-navorsingsentumm net suid van Grootfontein hou op 19 Mei ‘n veiling van Simmentaler bulle, koeie, verse en verskeie inheemse bokramme en –ooie. Die deposito beloop 2 000 dollar. Volgens die landbouminister, Calle Schlettwein bied die ministerie se veilings nie net ‘n geleentheid vir kleiner boere om goeie genetiese materiaal te bekom nie, maar, dit dien ook as ‘n inkomste vir die werksaamhede van die navorsingsentrum.