N$1,3m rooftog: Al drie borg geweier
Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 1,3 miljoen Namibiese dollar by ‘n brandstofdepot in die hoofstad gesteel het, is almal borg geweier. Katutura landdros Jo-Rina Jagger het David Amupolo, Frans Shekatumba en Simeon Nangolo ingelig dat hulle ‘n formele borg aansoek kan bring. Die aanklaer Arrie Husselmann het ook gevra dat die drie oorgeplaas word na Korrektiewe Dienste toe, vir wat hy beskryf het as sekuriteitsredes. Die drie word van gewapende roof en poging tot moord aangekla. Nangolo is op pad in die rigting van Keetmanshoop in besit van die kontant en die drie pistole, wat ook op die toneel gesteel is, gearresteer.