Verkiesings-adviesraad bied SAOG-waarnemingsending in Lesotho aan
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Verkiesings-adviesraad bied die liggaam se waarnemer-sending in Lesotho aan. ‘n Nasionale verkiesing word in Oktober daar beplan. Die voorsitter van die raad, regter Dorothy DeGabriele, sê hulle sal verskeie belangrike rolspelers ontmoet om seker te maak ‘n bevorderlike politieke klimaat word geskep.