Emfuleni-munisipaliteit verloor 56% van sy water

Die DA in Gauteng sê die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit verloor 56 persent van sy water weens lekplekke, onwettige waternetwerk-verbindings, foutiewe meters en vervalle water-infrastruktuur. Dit is ten spyte van die munisipaliteit se uitgawes aan oortydbetaling vir werknemers van die Metsi-A-Lekoa-waterdienste-eenheid. Kingsol Chabalala van die DA sê inwoners dra die koste van verhoogte watertariewe en ly onder lae waterdruk, omdat die munisipaliteit nie betyds reageer op aanmeldings van waterlekkasies nie.