Vroue in Afghanistan moet weer burka dra
Afghanistan se Taliban-regering het vroue beveel om hul gesigte in die openbaar te bedek. ‘n Bevel van die groep se hoogste leier, Haibatullah Akhundzada, het gesê as ‘n vrou nie haar gesig buite die huis bedek nie, haar pa of naaste manlike familielid besoek sal word en moontlike tronkstraf of ontslag uit staatsposte in die gesig staar. Die blou burka wat verpligtend was vir vroue in die openbaar tydens die Taliban se vorige bewind van 1996 tot 2001, is ideaal, het die groep gesê. Die meeste vroue in Afghanistan dra ‘n kopdoek om godsdienstige redes, maar baie in stede soos Kaboel bedek nie hul gesigte nie.