Action SA soek geen misdadigers in staatsdiens

Action Society het ‘n nuwe veldtog van stapel gestuur in ‘n poging om gewelddadige misdadigers te keer om vir staatsdiensposte oorweeg te word. Die burgerregte-organisasie doen ‘n beroep vir ‘n wysiging aan die Grondwet. Die wysiging sal verhoed dat ‘n veroordeelde persoon, ongeag die tydskaal of vonnis, in die staatsdiens kan dien. Die gemeenskapsveiligheidsdirekteur van die organisasie, Ian Cameron, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om hulle petisie te onderteken sodat die grondwetlike wysiging by die parlement ingedien kan word en dit wet kan word.