Gerhard Mans snr. oorlede in fietsry-ongeluk

Gerhard Mans snr. is oorlede in ‘n fietsry-ongeluk vanoggend op die Westelike Verbypad. Die besonderhede van die ongeluk is nog onduidelik. Mans, 60 jaar oud, was Namibië se eerste rugby-kaptein na onafhanklikheid. Die span het op 24 Maart 1990 teen Zimbabwe uitgedraf en 33-18 gewen. In die span se tweede toets teen Portugal het Mans ‘n rekord ses-drieë vir Namibië gedruk.