Suid-Afrikaners moet vel-skenkers word
Suid-Afrikaners word gevra om vel-skenkers te word. Nasionale Brand-bewustheidsweek begin Vrydag en duur tot die 12de Mei. Die week is ‘n geleentheid om bewustheid te skep oor die uitwerking van brandwonde, veral op kinders. Brandwonde is die derde algemeenste oorsaak van ongeluk-sterftes onder kinders jonger as 14. Die Nelson Mandela Kinderhospitaal behandel jaarliks ongeveer 3 500 kinders vir brandwonde. Die direkteur van Transplant Education for Living Legacies, Stella de Kock, moedig skenkers aan om met hulle geliefdes te praat oor orgaan- en weefselskenking.