DA verwelkom ondersoek van direkteur van Alexkor ná staatskapingsverslag
Die DA het die aanbeveling in die staatskapingsverslag verwelkom om die direkteure van Alexkor en diamanthandelaars te ondersoek. Die party glo ‘n ondersoek sal lei tot die inhegtenisneming en vervolging van mense wat betrek word. Die verslag dui aan vorige en huidige Alexkor-rekenkundige owerhede het verskeie bepalings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oortree. Ghaleb Cachalia van die DA sê die party sal voortgaan met sy pogings om die mynonderneming aanspreeklik te hou.