Namibië behoort nie onluste te hê nie – kenner
Daar is voorspellings vir hewige onluste en betogings in die streek weens dreigende voedseltekorte en stygende pryse oor die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraine. Onluste gaan normaalweg gepaard met ‘n styging in voedselpryse maar, volgens Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing is Namibië nie ‘n kandidaat hiervoor nie. Hy verduidelik.