Ramaphosa sê Noordwes-werkers se griewe moet aangespreek word
President Cyril Ramaphosa sê die loongriewe van die werkers in Rustenburg, Noordwes verdien die aandag van belanghebbendes, werkgewers en georganiseerde arbeid, sodat ‘n regverdige en volhoubare oplossing gevind kan word. Die president is Sondag by die Meidag-byeenkoms in Rustenburg verhoed om te praat toe woedende werknemers van Sibanye-Stillwater verrigtinge ontwrig het. Ramaphosa sê daar moet nog baie gedoen word om die potensiaal van die ekonomie te ontgin en die werksgeleenthede wat inwoners nodig het, te voorsien.