Kenyatta verhoog minimum loon met 12%

Die Keniaanse President Uhuru Kenyatta het die land se minimum loon met 12 persent verhoog om werkers te help om ‘n styging in verbruikerspryse te hanteer, deels gedryf deur die oorlog in die Oekraïne. Die verhoging tree onmiddellik in werking. Die verhoging, het hy gesê, was nodig omdat die minimum loon in drie jaar nie hersien is nie en lewenskoste toegeneem het. Kenia se huidige minimum loon is 13 500 Keniaanse sjielings, of 1 845 Namibiese dollar maandeliks. Die syfer sal nou tot 15 120 sjielings, of 2 066 Namibiese dollar maandeliks styg. Namibië oorweeg nog ‘n nasionale minimum loon.