Arendkuiken gered na hy 4m val

Ekoloë het tot die redding van ‘n baba-Amerikaanse arend gekom ná sy ouers dit per ongeluk uit die nes geskop het. Die kuiken het sowat vier meter ver geval en in ‘n steil sloot beland. ‘n Videokamera monitor die nes en het die baba se dramatiese val vasgelê. Die ekoloë het toue gebruik om die kuiken te bereik en hom gou ondersoek om te kyk of hy gesond is voor hulle hom in die nes teruggesit het. Die kuiken en sy ouers is deel van die Amerikaanse arend-hervestigingsprojek op die Kanaaleilande in Kalifornië.