Ghislaine is wel skuldig, sê regter

‘n Amerikaanse regter het bevind genoeg bewyse bestaan om die Britse sosiale vlinder Ghislaine Maxwell skuldig te bevind op aanklagte van sekshandel met minderjarige meisies. Dit is na sy ‘n aansoek gebring het om haar skuldigbevinding ter syde te stel. Die regter het egter ook ‘n regsoorwinning aan Maxwell toegestaan deur te bevind drie aanklagte van sameswering het betrekking op een misdaad en dat sy net op een aanklag gevonnis kan word. Die 60-jarige Maxwell, wat daaraan skuldig bevind is dat sy die ontslape finansier Jeffrey Epstein gehelp het om minderjarige meisies seksueel te misbruik, sal na verwagting in Junie gevonnis word.