Geen openbare vieringe vir Nujoma-verjaardag

Daar sal geen openbare byeenkomste vir die voormalige Namibiese President Sam Nujoma se 92ste verjaardag op 12 Mei wees nie. Volgens sy Senior Spesiale Assistent, Paul Shipale, sal dit die tweede agtereenvolgende jaar wees dat daar nie groot vieringe vir Nujoma se verjaardag sal wees nie. Dit is weens die Covid-pandemie, maar gelukwensinge is welkom om aan sy kantoor gestuur te word. Nujoma is op 12 Mei 1929 op Ongandjera in die Noorde gebore. Politieke kommentator, Ndumba Kamwanyah, gee sy mening.