Nuwe SA-polisiekommissaris wil DNS-agterstand uitwis

Die nuut-aangestelde polisiekommissaris, Fannie Masemola, sê die huidige DNS-agterstand word voorop gestel om te help met die oplossing van misdaad-sake. Masemola sê nog mense is in diens geneem om die agterstand te verminder. Hy sê die masjiene wat die DNS-monsters in die land se forensiese laboratoriums verwerk, is herstel en meer moeite sal gedoen word om te verseker dit bly in ‘n goeie werkende toestand. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is onlangs hewig gekritiseer oor die agterstand omdat dit veroorsaak het dat geregtigheid vir slagoffers van geweldsmisdade vertraag is.