Talle burgerlikes in Kiëf-voorstad dood in die straat aangetref

Internasionale nuusagentskappe berig dat liggame van burgelikes oral in die Bucha-voorstad net noord van Kiëf gevind is met 20 wat net in een straat gesien is. Van die burgerlikes se hande is vasgebind en owerhede sê dit wil voorkom asof Russiese soldate die mense tereggestel het soos hulle onttrek het. Meer as 1 500 tuisgemaakte bomme is ook gevind deur Oekraïnse magte nadat hulle die gebied oorgeneem het toe die Russe onttrek het. Van die toestelle is in selfone en skootrekenaars versteek. Intussen is sewe humanitêre korridors in die suidooste van die land oopgemaak vir burgerlikes om te ontruim. Rusland het vroeër gesê hy sal sy fokus in die Donbas-gebied verskerp.