Top Gun II op 25 Mei bekend gestel

Tom Cruise se langverwagte tweede Top Gun-rolprent sal op 18 Mei by die Cannes-rolprentfees vertoon word. Dis is 36 jaar sedert Cruise in sy rol as Maverick die silwerdoek gehaal het en sy sterstatus verewig het. Die tweede rolprent, Top Gun: Maverick, sal daarna op 25 Mei internasionaal bekend gestel word. Vanjaar se Cannes-rolprentfees, sy 75ste uitgawe, sal van 17 tot 28 Mei plaasvind.