Verdagte reeds vas vir plaasaanval

Die polisie van Otjiwarongo se flinke reaksie het daartoe gelei dat hulle ‘n 22-jarige verdagte kon arresteer toe hy besig was om twee kommersiële boere op die plaas Tana Safari and Campsite, sowat 35 kilometer suid van Otjiwarongo, aan te val. Volgens Nampol se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Otjozondjupa-streek, adjunk-kommissaris Naukalemo Andreas, het ‘n werker op die plaas die 58-jarige man eerste aangeval en sy linkerbeen is gebreek. Die 48-jarige vrou het ‘n gebreekte neus en geswelde regter-oog. Die slagoffers is in ‘n hospitaal op Otjiwarongo opgeneem en die polisie-ondersoek duur voort.