Moratorium op opveil van huise is moontlik

Kosmos 94.1 Nuus het die lys van huise wat gedurende April opgeveil sal word ontvang. Daar is ongeveer 60 eiendomme op die lys. Die huise word – nadat reël 108 aansoeke deur die mosiehof goedgekeur is – verkoop om bankskuld te delg. Die ministerie van justisie het onlangs saam met verskeie rolspelers, wat die ombudsman, Basilius Dyakugha insluit, vergader om aanpassings in die wetgewing, wat regshulp insluit, te bespreek. Die minister Yvonne Dausab meen ook dat die huidige stelsel voordeel inhou vir krediteure. Kosmos 94.1 Nuus het met Dyakugha gepraat oor die komende veilings en hy meen ‘n moratorium kan wel ingestel word.