Swaar reën, kitsvloede, voorspel

Inwoners van en reisigers na die noordelike en sentrale streke en die Hardap-streek word deur die Namibiese weerkantoor gewaarsku teen swaar reën met kitsvloede wat vandag oor dié gebiede kan voorkom en môre na die Noordooste sal versprei. Die Hidrologiese Dienste van Namibië het ‘n vloedwaarskuwing vir die Zambezirivier uitgereik en maan dat riviervlakke weens die reën styg. Die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is voorbereid vir vloede.

Die goewerneur sê daar is altyd uitdagings.