Kenner reageer op trauma in Oos-Europa

Reaksie word ontvang op berigte dat die Wêreldgesondheidsorganisasie in Pole sê byna 500 000 Oekraïnse vlugtelinge het ondersteuning vir geestesgesondheids-versteurings nodig. Die WGO se verteenwoordiger in Pole, Paloma Cuchi, sê 30 000 mense het ernstige geestesgesondheids-probleme. Die bekende Namibiese kinderbeskermingspesialis dr. Veronica Theron, tegniese adviseur van die presidentsvrou, Monica Geingos, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.