Slypskool vir beskerming van fluitjieblasers aangebied

Die Instituut vir Beleidsnavorsing gaan Donderdag saam met sy vennote die Namibiese Instituut vir Demokrasie en die Platform to Protect Whistleblowers in Africa ‘n halfdag slypskool oor die beskerming van fluitjieblasers hou. Namibië gaan na verwagting in Mei sy Namibiese projek vir fluitjieblasers hou. Dit slypskool vind vanaf nege-uur tot twaalf-uur plaas. Die direkteur van die Instituut vir Beleidsnavorsing, Graham Hopwood gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hopwood sê almal is welkom by die slypskool.