Seeskilpad vier ook onafhanklikheid
‘n Seeskilpad het ook Onafhanklikheidsnaweek gevier toe sy ná maande se rehabilitasie weer in die see vrygelaat is. Volgens die mariene bioloog van Ocean Conservation, Naude Dreyer, is die seeskilpad sowat vier maande gelede op die strand by Pelican Point gevind waar sy erg gedehidreer en songebrand was. Die Swakopmund Akwarium het haar ingeneem en gerehabiliteer. Dreyer gesels met Kosmos 94.1 Nuus.