Covid: Sê hallo vir Deltakron

‘n Hibriede weergawe van die koronavirus wat gene van die Delta- en Omikron-variante kombineer – genaamd Deltakron – is by ten minste 17 pasiënte in die VSA en Europa geïdentifiseer. Omdat daar so min bevestigde gevalle is, is dit te gou om te sê of Deltakron-infeksies baie oordraagbaar sal wees of ernstige siekte sal veroorsaak. Die navorsing is in Frankryk uitgevoer. Die span het drie pasiënte in Frankryk gevind wat besmet is met ‘n weergawe van die virus wat die stekel-proteïen van die Omikron-variant kombineer met die “liggaam” van ‘n Delta-variant. Daar was twee in die VSA en nog 12 in Europa bevestig. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie Tedros Adhanom Ghebreyesus het onlangs gewaarsku dat in gebiede met ‘n hoë infeksie-koers, is die risiko vir nuwe variante baie hoog.