Reën word die naweek weer in die binneland verwag

Daar is goeie nuus … die reën keer volgens die Windhoek weerkantoor weer die naweek terug oor die binneland van Namibië. Daar is kommer oor veral die kommunale boere in die verre Noorde wat se lande uitdroog. Gobabis het vanoggend ook baie goeie neerslae gehad en foto’s op sosiale media wys groot poele water in Kerkstraat op die dorp. Odillo Kgobetsi van die weerkantoor het die jongste voorspelling.