NLU se landbouloonopname begin weer

Die Landbou Werkgewersvereniging se tweejaarlikse loonopname begin weer. Die Namibiese Landbou-unie sê looninligting is baie belangrik vir ’n gesonde landboubedryf en gee belangrike bestuursinligting vir boere en ook vir die verniging wat landbou op verskeie forums verteenwoordig. Danie van Vuuren van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.