Verwagtinge vir Geingob se staatsrede

President Hage Geingob sal volgende week Woensdag sy staatsrede lewer. Daar word nie enige aanpassings in byvoorbeeld maatskaplike toelae verwag nie maar, groen-waterstof energie sal wel aangespreek word. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah het sy verwagtinge so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.