Olifante land in VAE aan

Na talle ontkennings het die Namibiese omgewingsministerie uiteindelik erken dat die 22 olifante van Gerrie Odendaal na die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer is. Die ministerie was sy hande en sê die uitvoer van die diere was die besluit van die bieër, Odendaal. Daar is ook geen melding gemaak van waar in die VAE die diere vervoer is nie. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie sê een koei is swak maar word gemonitor. Hy sê verder geen verdrae is gebreek nie.

Die ministerie sê hy groot uitdagings met olifante en sê dat tussen 2019 en 2021 was daar 960 gevalle van konflik met herbivore en akkerbouers waarvan olifante in 923 betrokke was. Vier mense is ook in die periode dood as gevolg van konflik met olifante wat die ministerie amper 14 miljoen Namibiese dollar gekos het.