Hewige reaksie op VSA se besluit om Zim-sanksies te behou

‘n Voormalige Swapo-parlementslid het heftig gereageer op Amerika wat nie nou sanksies teen Zimbabwe gaan afskaf nie. Die VSA glo steeds die regerende party Zanu-PF ondermyn die demokratiese proses in die land. Dié stap volg ‘n maand ná die Europese Unie aangedui het dat sy sanksies teen Zimbabwe in plek bly. Pendukeni Iivula-Ithana sê aan Kosmos 94.1 Nuus Europeërs is selfsugtig.