Voorrade by bloedoortappingsdiens vertoon effe beter

Bloedvlakke by Namibië se bloedoortappingsdiens is effens terug na normaal, maar die publiek word steeds aangeraai om bloed te skenk. Vroeër vanjaar het die bank net genoeg bloed vir twee dae gehad en sou sy voorraad opraak as daar nie dadelik beduidende bloedskenkings gemaak was nie. Titus Shivute, die diens se woordvoerder, sê hulle sal voortgaan met bloedskenkingsklinieke regoor die land.