Haweloses plak twee jaar by skool in Roodepoort

Die DA se woordvoerder oor onderwys in Gauteng, Khume Ramulifho, het bevestig dat ‘n hawelose familie van ses volwassenes en ‘n baba op die terrein van die Hoërskool Die Burger in Bergbron, Roodepoort, ingetrek het. Die groep beset al byna twee jaar lank drie van die klaskamers en hou ‘n ernstige gevaar vir leerders en onderwysers in. Ramulifho sê die DA het ook ‘n oorsig-inspeksie by die verouderde skool gedoen wat dringend behoorlike instandhouding.