Nadal vat Acapulco-titel

Rafel Nadal het sy perfekte aanslag in 2022 voortgesit deur Cameron Norrie met 6-4 en 6-4 te klop. Hy het sodoende die Acapulco-titel gewen in sy eerste toernooi sedert hy die Australiese Ope ingepalm het. Die Spanjaard het ‘n uur en 54 minute nodig gehad om die Brit, wat 12de op die ranglys is, in hulle vierde ontmoeting die loef af te steek. Dit is die wêreld se nommer-vyf-speler se 91ste oorwinning van sy loopbaan en sy vierde in Acapulco. Nadal is steeds onoorwonne sedert hy teen Suid-Afrika se Lloyd Harris in die derde ronde in Washington in Augustus verloor het. Hy het sy 2021-seisoen na dié wedstryd afgesluit weens ‘n besering aan sy linkervoet.