Russiese Formule Een Grand Prix gekanselleerFebruary 25, 2022
Die Russiese Formule Een Grand Prix wat in September in Sochi gehou sou word, is deur die beheerliggaam vir Forumele Een gekanselleer. Formule Een sê hy hou die gebeure in die Oekraïne met hartseer dop en hoop op ‘n vredevolle oplossing in die huidige situasie. Intussen word berig die Russiese Grand Prix sal waarskynlik nou in Turkye aangebied word.