Khorixas se skoolkinders verval in dwelms

Polisie in Khorixas sê dwelm- en alkoholmisbruik onder leerders is kommerwekkend. Owerhede op die dorp sê dit is geen verrassing nie omdat ouers dwelms voor hul kinders gebruik. Leerders kom volgens die Kunene streekskommmissaris James Nderura besope skool toe en verkoop ook veral dagga by die perseel. Hy voeg by dat ‘n leerder met redelik baie dagga betrap is en dat owerhede weet sy ouers is betrokke met handel in dwelms. ‘n Vergadering is met verskeie skoolhoofde en die onderwysdirektoraat in die streek gehou en meeste het melding gemaak van dieselfde uitdagings. Een skoolhoof sê twee leerders is reeds verlede jaar geskors om te verhoed dat hulle ander leerders negatief beïnvloed.