O&L Groep, CMB.TECH stel eerste groen waterstofproduksie-aanleg bekend

Die Ohlthaver & List-groep en CMB.TECH het vandag Namibië se eerste groen waterstofproduksie-aanleg bekend gestel. Konstruksie aan die demonstrasie-aanleg sal vanjaar in die Erongo-streek begin en teen einde volgende jaar operasioneel wees. Die twee maatskappye het ook ‘n gesamentlike onderneming, Cleanergy Namibia, aangekondig wat groen waterstofprojekte in Namibië sal ontwikkel. Die doel is om groen waterstof vanaf sonkrag te ontwikkel en die skoon brandstof na vragmotors, lokomotiewe, mynbou-toerusting en skepe oor te dra.