Banyana Banyana sal moet sokkies optrek vir môre se kragmeting

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê haar spelers sal môre hulle sokkies moet optrek om met Algerië af te reken in die tweede deel van die vroue se AFCON-kwalifiseerwedstryd op die Omar Hamadi-stadion in Algiers. Suid-Afrika het verlede Vrydag die eerste been gebuit met ‘n twee-nul-oorwinning oor Algerië op die Orlando-stadion. Ellis sê daar is geen ruimte vir foute nie omdat almal weet wat op die spel is: