Nog reen voorspel in Brasilië na ramp
Nog reën word voorspel terwyl die dodetal na modderstortings en vloede in die geskiedkundige stad Petropolis in Brasilië tot sowat 117 gestyg het. Beeldmateriaal op sosiale media toon motors en huise wat in strome water straat-af dryf. Bykans 400 mense is dakloos gelaat. Meer as 180 brandbestryders en ander reddingswerkers het op die noodsituasie gereageer, bygestaan deur 400 soldate wat as versterkings ingestuur is. Die stad se burgemeester, Rubens Bomtempo, sê hulle verwag die dodetal gaan in die komende dae nog styg.