Adjovi appelleer, wil nie geld terugbetaal nie

Mundial Telecom Sarl, die Beninse maatskappy van die omstrede besigheidsman Ernest Adjovi gaan die hooggeregshof nader om te appelleer teen die beslissing van die hoërhof dat hy 23,5 miljoen Namibiese dollar aan die plaaslike toerismeraad moet terugbetaal. Regter Herman Oosthuizen het in Januarie in die guns van die raad bevind. Die fondse is oorbetaal aan Adjovi vir bemarking in aanloop tot die Kora-musiektoekennings wat in Maart 2016 in die land gehou sou word. Dit het nooit gebeur nie. Adjovi se stukke meen, ondermeer, dat Oosthuizen fouteer het in sy beslissing omdat die toerismeraad die bepalings van die kontrak gebreek het.