Spanning in Oos-Europa het impak op landbou

Die toenemende spanning tussen Rusland en Oekraïne gaan binnekort in Suid-Afrika gevoel word deur die wêreldkanaal vir landboupryse. Dit is die mening van Agbiz se hoofekonoom, Wandile Sihlobo. Rusland is die 17de grootste verskaffer van landbouprodukte aan Suid-Afrika en Oekraïne die 44ste. Die belangrikste produkte wat Suid-Afrika na dié lande uitvoer, is sitrus, neute, groente en tabak. Sihlobo sê elke rolspeler in die landbou- en landbousakesektor moet ‘n ogie hou op die verwikkelings tussen Rusland en Oekraïne in die Swartsee-gebied.