Des van Rooyen gaan Gupta-bewerings uitdaag

Die gewese Suid-Afrikaanse minister van finansies, Des van Rooyen, het bewerings wat teen hom in die staatskapingsverslag gemaak word, ontken. Volgens die verslag was dit duidelik dat Van Rooyen die Guptas se goedkeuring weggedra het toe President Jacob Zuma hom in 2015 as minister aangestel het. Die verslag sê ook hy was ‘n gereelde besoeker by die Gupta-woning in Saxonwold. Van Rooyen sê hy gaan die verslag se bevindings teen hom uitdaag: