Novak is op die lys vir Amerikaanse toernooi

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, is op die inskrywingslys vir die Indian Wells-toernooi wat op die sewende van volgende maand in Amerika begin. Buitelandse reisigers moet sedert November verlede jaar ten volle teen Covid-19 ingeënt wees en ‘n bewys verskaf voordat hulle aan boord van ‘n vliegtuig gaan om na Amerika te reis. Slegs beperkte uitsonderings word toegelaat. Die Serwiër is verlede maand uit Australië verban omdat hy nie ingeënt was nie. Djokovic, wat in November verlede jaar laas ‘n wedstryd gespeel het, sal na verwagting later die maand in die Dubai-kampioenskap in aksie wees.