Alles is in plek vir Cyril se staatsrede

Die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies in Suid-Afrika, Amos Masondo, sê alles is gereed vir die staatsrede vanaand by die Kaapstadse stadsaal. President Cyril Ramaphosa sal die land om sewe-uur toespreek. Die geleentheid is na die stadsaal verskuif nadat die Parlement na vermoedelike brandstigting verwoes is. Masondo sê die tema vir die sesde Parlement is om ons verbintenis op te volg en die toekoms beter te maak: