SANDF se Kuba Covid-aankope moet ondersoek word

Die DA in die buurland eis die volledige verslag oor die ondersoek na die verkryging van die omstrede Kubaans-vervaardigde Covid-19-medisyne Heberon Alfa-R-2b, ook bekend as interferon, moet bekend gemaak word. Die besending medisyne, wat gebruik sou word as aanvullende medikasie teen Covid-19 vir soldate in die Suid-Afrikaanse weermag, is teruggestuur Kuba toe. Die medisyne is nie deur die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte-beheerraad goedgekeur nie. Kobus Marais van die DA sê hulle sal hulle op die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting beroep om te verseker die verslag word openbaar gemaak: