Swart besigheidseienaars eis sakereddingsplan

Swart besigheidseienaars in Namibië het pas hulle petisie aan die Bank van Namibië oorhandig. ‘n Groep van ongeveer 30 besigheidseienaars neem deel aan ‘n protesoptog wat deur die Swart Besigheidsleiers Netwerk van Namibië gereël is. Hulle eis ‘n sakereddingsplan. Die bank se woordvoerder, Kazembire Zemburuka sê dit is ‘n uitgebreide lys van eise.

Die groep sal ook die kantoor van die eerste minister en die Ontwikkelingsbank besoek om die petisie af te lewer.